Welkom by Inheemse Bome
Hierdie webwerf is nie ontwikkel met die doel om bome te identifiseer nie. Dit is geskep om U te help om n idee te vorm van hoe die betrokke boom sal lyk wanneer hy volwasse is en of hy in U area sal groei. Sodoende kan dit U help om n ingeligte besluit te maak. Ons het ‘n besonderse liefde vir die bome van Afrika, en in die besonder vir die bome wat endemies aan Suider Afrika is. Ons glo dat elke persoon sy of haar kant moet bring om so ‘n paar inheemse bome te plant, hetsy in jou tuin of op jou plaas, of enige ander plek waar jy ‘n nalatenskap kan lewer.
Ons Dienste:
– Verskaffing van kwaliteit bome ( van klein tot groot aan privaat persone, kwekerye, myne, landskapsargitekte ,boere ens).
– Kweking van bome ( Ook op kontrak basis vir bv spesifieke projekte soos o.a. rehabilitasie-projekte ens).
– Aflewering en plant van bome (Kommersieel, industrieel, privaat en op sub kontrak basis).
– Gratis advies met die keuse en plasing van bome.
– Snoei en skoonmaak van bome bv groot oorhangende takke wat lig en son uitblokkeer.
– Boomsloping ( in sekere gevalle, alhoewel dit teen my beginsels is ).
– Landskapadvisering.
– Eenmalige skoonmaak van bv U plot of erf en verwydering van die vullis.
– Verskaffing, aflewering en plant van gras en enige ander plante.
– Ons kan ook kwoteer op enige ander plante vir U tuin.